Die geskiedenis

Die Geskiedenis van Die Nederduits Gereformeerde Kerk, Linden gemeente

Inligting verskaf soos per NG Kerk 21 jaar mondigwording op 13 Oktober 1957.
Die klein kerkraad het vroeg in 1937 ds. D.F.B de Beer aangestel as die eerste leraar.
Die gemeent Linden is afgestig van die gemeente Waterval op 13 Oktober 1937 met 670 lidmate.
Daar was in die dae nog net ʼn klein kerkie wat net 100 mense kon vat en later is daar ook ʼn groot markies tent bygevoeg.
Met die afstigting vanaf Waterval, is die mense in 4 kleiner kerkies ingedeel wat elk 3 myl uitmekaar was in die Linden en omliggende gebiede, en elk kon slegs 100 mense huisves.
Die Linden saal was nog verlig met primuslampe, en was gebruik as kerk, konsertsaal en ook tentoonstelling saal.
Die eerste leraar is op 20 Mei 1937 in die markee tent ingesweer, en dieselfde tent is ook gebruik nog met die tweede leraar dr. J.G.C. de Beer. Later ook Professor op Stellenbosch. En was nog in gebruik toe hierdie leraar afskeid geneem het in 1945.
Hierdie eerste leraars was ingesweer deur ds. C.A van der Merwe van Waterval, wie se seun vandag nog ʼn bekende prokureer in Linden is.
Die volgende wyke was onder groot ontevredenheid later ook by Linden ingevoeg, Emmarentia, Greenside, Greenside uitbreiding, Irene en Braamfontein, die sinode van 1937 het 3 leraars as arbiters aangestel asook ds. J.H.R Bartlett om die probleme op te los, en hulle het toe Emmarentia en Greenside aan die Johannesburg en Johannesburg Oos gemeentes oorgeplaas, laasgenoemde het die voorstel verwerp en die hele saak is weereens aangehoor in die sinode van 1940
Die bou van die ruim en stewige Linden pastorie was ander hoogtepunt in die geskiedenis van die Linden gemeente in 1938, en het £1,750 gekos om te bou, en wat ook dadelik afbetaal was.
Die kerk self is ingewei op 2 Mei 1942, met ʼn tragiese dag toe die argitek van die kerk op Glenmore strand verdrink het.
Die materiaal hoeveelheid opnemers was Borckenhagen en Louw, die bouer van die kerk was A.J. Louw en daar was geen bou aannemers nie, dit was oorlog en boumateriaal was baie skaars, die bouers het selfs persoonlik hout aangery vanaf Knysna.
Onder die feesgangers by die inwyding was Prof. (dr.) J.C.G. Kotze, Proff. A.B du Preez, D.J Keet, di. P.S.Z. Coetzee (destydse moderator van die Vrystaat) A.C Stegman, W.C Bouwer, M Kruger, Eerw. T.C Esterhuizen en P.H.A. Fouche.
Die kerk het by voltooiing gespog met meubelment, rooi tapyte, ʼn Hammond orreltjie, omheining en preekstoel wat alles tesame ʼn koste van £7,800 beloop het.
Nog ʼn ander hoogtepunt was die ossewa trek in 1938 toe die Johanna van der Merwe pos ossewa hier uitgespan het en sy spore in sement in die voortuin vir die nageslag vasgevang is.
Nadat nog twee sale gebou is, kon Ferndale afgestig word van Linden, en later ook Fontainebleau en Fairland in 1944.

Ook dink ons met weemoed aan die gestorwe steunpilare van die vroeëre Linden gemeente, soos oudl. M.J Christiani, wie se vrou die preekstoel (vandag nog in kerk) geskenk het en wat vervaardig was deur mnr. J.P.M Fleischer.
En oom Niklaas Jooste wat die nuwe ligte in die kerk geskenk het, en mnr Louw Geldenhuis wat ook ruim bygedra het.
En andere soos oom Danie Swanepoel, en mev. J.W Schmidt (eggenote van die destydse koster) en haar dogter mev. JJ Duvenhage, wat die nagmaalskleed en servette gemaak het.
Marie en Sybie van der Spuy wat die weerhaan geskenk het, en hul vader wat dit self bo op die kerktoring gemonteer het.
Oudl. L.T Heydenrych wat al die kansel stoele geskenk het.
Mevv. A. Ayres en J.P Kleynhans wat die kollekte bordjies geskenk het.
Mev. J.P Moller wat die kansel en kateder kleed geskenk het.
Oudl. B Powel en diaken F Cornelius wat die kerk horlosies geskenk het.
En dan was daar nog vele ander weldoenners soos oupa en ouma Welman, R.M van Huyssteen, P. Schutte, D.E Kriel, A.P Minnar, Die Judex Viljoen egpaar, M.P Grove, H Bosman, P.F Joubert, S.P Vermaak, D.J Kahts, A.J Cruywagen, Fanie Schwarts, F Marais, en nog honderde andere wat hul liefde vir die Here betuig het.
Die kerk het toe ook gespog met sy Asafkoor onder leiding van mev. J.F Jooste en met mev. Sarie Welman wat jare lank die Linden orreliste was.

Hierna was daar ds. Martin Kruger 1945-1949.
En toe ds. G.J.J Boshoff vanaf 1950 wat ook betrokke was met die bou van die Vryburger saal, toe die klein ou saaltjie afgebreek is en die groter Vryburger saal gebou is en ingewy is op 3 November 1951 en waar die destydse Eerste Minister van S.A. Dr. DF Malan die hoeksteen kom lê het, Prof. A.L Meiring was aangestel as die argitek van die saal, en ʼn hoërskool seun van Linden, Chris Engelbrecht het aan die saal sy naam besorg toe die naam wat hy voorgestel het in ʼn kompetisie gewen het.
Met die land se derde eeufees herdenking later is daar toe ook die Koffiehuis bygevoeg.
In hierdie Koffiehuis is elke Sondag aand na afloop van die diens ʼn saamtrek gehou deur die hele gemeente, wat bestaan het uit tee en koffie, en gewyde programme van musiek, sang en voordrag deur gemeente lede, asook die verwelkoming van nuwe gemeentelede.
Die oprigting van die Vryburgersaal en Koffiehuis het toe aanleiding gegee aan die skepping van die pos van saakgelastigde wat eerste gevul was deur die egpaar Judex Viljoen, maar later het mnr. Viljoen onttrek en mev Susan Viljoen het toe aangebly as saakgelastigde.
Later is al die trappe van die kerk en die saal waaroor baie mense geval en gestruikel het, afgebreek en nuwe trappe met handrelings is toe aangebring, asook nuwe heinings op die voormure, en ʼn teerblad en rotstuine, en aan die ooste kant van die VB saal ʼn braai en skyfskiet baan en aan die westekant van die saal ʼn afdak en stoorkamer, met ʼn sodapomp en snoepie aan die anderkant, en ʼn gang tussen die twee sale.
In die eerste 21 jaar is hier 1,700 kinders gedoop, 1,096 jongmense aangeneem, en 450 pare getroud en 158 mense die lewe verlaat het, waarvan 7 kerkraad lede was.
In 1941 is die planne ingehandig om die kerk te bou, en die hoeksteen is in dieselfde jaar gele op 6 Desember, en die kerk is ingewei in Mei 1942.

Die gemeente het in 1936 begin met 670 lidmate en 1,300 sieletal, In 1944 was die getal lidmate 1,240 lidmate, en die sieletal 2,258, en in 1946, tien jaar nadat die gemeente gestig was, en Ferndale afgestig was het die ledetal alweer gestaan op 1, 095 en die sieletal op 1, 965, en nog steeds het stilstand nie gekom nie, Inteendeel die gemeente het so groot geword dat alweer aan afstigting gedink moes word, In 1955 het die sieletal gegroei tot 3,020 en die lidmate tot 1,755, en in hierdie jaar nog is Fontainebleau en Fairland afgestig.

En in 1957 met die gemeente se mondigwording viering bestaan die gemeente se ledetal alweer uit 1,692 en die sieletal uit 2,897, en met die eerste kerkraad wat gekies was in 1936 wat bestaan het uit 4 ouderlinge en 4 diakens, bestaan die kerkraad in 1957 uit 100 kerkraadslede, en is die grootste kerkraad in die hele Transvaal
In hierdie jaar was daar 750 huisgesinne waaruit die gemeente bestaan het, en 600 van hulle was die eienaars van hul eiendomme, Toe Linden afgestig was van Waterval, was hy die 107 ste. gemeente wat afgestig was, en in 1957 was daar reeds 253 gemeentes in Transvaal, met een Algemene en twee Streeksinodes.

Inligting verskaf soos met die 50 jarige bestaan van die kerk.

Die eerste kerkraad.
Die eerste verkose kerkraad van Linden het bestaan uit Ouderlinge; M.J Christiani, P.F Joubert, G.C Botha, S.J van der Spuy, en Diakens; T.E Schlebusch, M.P Grove, J. Viljoen, en F.G Geldenhuys
En daar was 670 belydende en 630 dooplidmate.
En op 08 Oktober 1936 vind die gemeente stigting plaas, en die eerste diens op 11 Oktober om 15:00 die eerste diens gehou ,en die prediker was Ds. Van der Merwe, en die eerste teksvers wat hier gelees was, is Eksodus 13:21 “En die HERE het voor hulle uitgetrek, bedags in ‘n wolkkolom om hulle op die pad te lei, en snags in ‘n vuurkolom om hulle voor te lig, sodat hulle dag en nag kon trek” en die eerste lied was Psalm 146:1 en 4, Die kollekte op hierdie oggenddiens het £1-4-7 opgelewer.
Beroeping van ʼn predikant.
Op 01 Februarie 1937 word besluit dat ds. Kritzinger van Johannesburg oos beroep moet word, hy wys egter die beroep van die hand en ds. DFB de Beer van La Rochelle word dus dadelik beroep, en ene Eerw. Olivier sal dan die dienste waarneem totdat ds. De Beer bevestig was.
Die Pastorie.
Op 01 Februarie 1937 word ʼn kommissie benoem om na die moontlikheid van ʼn pastorie te kyk, en hulle beveel toe aan dat die pastorie op dieselfde kerk grond gebou moet word in Vyfde Straat, want die terrein was groot genoeg vir ʼn groot saal, ʼn kerk en ʼn pastorie, die kommissie kry ook opdrag om al die finansiële reëlings te tref, En in 1938 is die pastorie toe teen ʼn koste van £1,750 gebou deur ʼn ene Coetzee, jare later sou hierdie pastorie eers vergroot word.
Die gemeente se geldsake was aanvanklik benard, Op die sinodale staat van 31 Desember 1936 beloop die netto bates £1,799 vir die waarde van die vaste eiendomme, en £262 uitstaande vir sinodale verpligtinge, die volgende jaar gaan dit reeds beter en wys die state £3,388 en die pastorie was toe reeds ook afbetaal, en tien jaar later kom die bedrag op £19.605, vyf sjielings en tien pennies te staan.

Die eerste predikant Ds. D.F.B de Beer.
Op 18 Mei 1937 lei hy sy eerste kerkraad vergadering en op 20 Mei word hy hartlik ontvang in die groot markies tent langs die ou klein kerkie.

Die eerste nagmaal sowel as die eerste argument en eerste spesiale nood vergadering in die kerk.
Die eerste nagmaal wat sou plaasvind op 11 April 1937 was afgelas as gevolg van ʼn gestryery tussen 38 gemeente lede oor die gebruik van kelkies in plaas van om die beker te gebruik, Op die eerste spesiale vergadering is daar toe tog besluit om voort te gaan met die nagmaal, omrede die kelkies in elk geval nog nie gearriveer het nie, en steeds het twee ouderlinge te kenne gegee dat hulle gaan weier om nagmaal te gebruik, omdat hulle “gemoedsbeswaar” teen die gebruik van die beker het, en die nagmaal het toe nogtans plaasgevind op 11 April 1937.

6 Jaar later en die kerk is reeds te klein, en daar word beplan om ʼn nuwe groter kerk te bou.
In 1936 is daar al in beginsel besluit om later ʼn groter kerk te bou, maar vir nou moet die klein kerkie en markies tent eers doen, die bou kommissie word nou aangese om vondse van £5.000 bymekaar te maak, en almal in die gemeente help met die vonds insameling, in April van 1941 staan die fonds reeds op £2.000, finansiering was ʼn groot probleem in hierdie dae, en ʼn lening van £4.500 was aangegaan by Ou Mutual wat dadelik weer gekanselleer was, verskei tenders was ontvang wat £6.433 en £7.268 beloop het, en die bou kommissie besluit toe maar om self te bou met die leiding van Geers & Geers boukontrakteurs.
Die eerste sooi was toe dus eers gespit deur die leraar op 05 Oktober 1941.
Die hoeksteen is ook op 06 Desember deur Ds. De Beer gele, met Ds. PJ Viljoen van Heidelberg wat die feesrede gelewer het, en Ds. Van der Merwe wat die wydings gebed gedoen het, al die bouwerk is al vroeg in 1942 afgehandel.
Die totale boukoste het toe £6.000 beloop, waarvan £1.200 vir toerusting en meubelment was.
Op Sondag 2-3 Mei het die gemeente feesgevier, en plegtig van die ou kerksaal afskeid geneem, met ouderling Christiani wat die optog gelei het van die ou kerk na die nuwe, en broer N.J Jooste het die eer gehad om die kerk die eerste keer oop te sluit, en met die instap in die kerk deur die hele gemeente is Psalm 100 verse 1-4 gesing.
Na die votum is Psalm 48 verse 1 en 4 hartlik gesing, die skriflesing is deur Ds. A.B du Preez waargeneem, en Ds. P.S.Z Coetzee het die wydingsrede gelewer, voorafgegaan en gevolg deur die koorsang van die Asafkoor.

Ds. JD van Niekerk het die ring van Johannesburg se groete oorgedra, dankgebed gedoen en die Apostoliese seën uitgespreek.
Daardie selfde middag is die kerkligte die eerste keer aangeskakel.
Die Sondag is ʼn aksiediens gehou, en by die eerste nagmaalviering in die kerk het Prof. D.J Keet die aksie rede gehou, en Ds. De Beer die tafeldiens, en in 1944 was daar reeds 1.240 belydende lidmate en 1.045 dooplidmate.

In Junie 1945 aanvaar ds. De Beer ʼn beroep as Sekretaris van Openbare Sedelikheid, en op Sondag13 Augustus ontvang hy sy demissie.
Ds. M Kruger van Westdene, word toe beroep en op 23 Oktober ontvang hy sy demissie, en na 3 weke verlof word hy feestelik in die gemeente ontvang, en sit hy op 02 November die eerste keer in die voorsitter stoel by die kerkraadvergadering.
In Januarie 1949 word die aanvoerwerk vir die bou van die Vryburgersaal gedoen, maar die droom van Ds. Kruger sal eers later onder leiding van Ds. Boshoff voltooi word.
Ds. GJJ Boshoff.
Ds. Boshoff van Port Elisabeth word beroep as opvolger vir ds. Kruger, en in Maart 1950 word hy in die gemeente ontvang.
Ds. Boshoff.
OP 13 November 1960 kondig Ds. Boshoff aan dat hy ʼn kapelaan pos gaan aanvaar in Voortrekkerhoogte, en op 10 Februarie ontvang hy sy demissie, en op 18 Maart neem die gemeente van hom afskeid.
Ds. DPM Beukes
Op 10 Februarie 1961 het die kerkraad besluit op Ds. Beukes van Cradock Oos te beroep.
Ds. JG Griesel.
Ds. Griesel van Auckland Park word op 17 Augustus 1962 in die gemeente verwelkom, en op 18 Augustus lewer hy sy intree preek en word deur sy broer van Leeudoringstad bevestig.
Ds. PR van der Merwe.
Ds. Piet van der Merwe van Thabazimbi word op 09 September 1966 in die gemeente ontvang, en ook Ds. Andries Gouws van die Randse Afrikaanse Universiteit word ook aangestel om met die preekbeurte en pastorale hulp en veral jeugwerk te kom uithelp, wat hy met ywer en sukses behartig tot met 1074.
Dr. AP van der Colf.
Ds. Attie van der Colf, toe nog dominee, en direkteur van inligting: sinode Noordwes, Natal, Suid Transvaal en Midde Afrika, word beroep in Junie 1977, hy aanvaar die beroep, maar moet nog deeltyds hierdie ander verpligtinge afhandel.
Ds. Gert Olivier.
Werk sedert 1983 as ons gemeente se pastorale hulp, en benewens preekbeurte en huisbesoek was hy ook aktief betrokke met ons kerk se kategismusonderrig.
Ds. Albert Botha.
Ds. Botha dien toe sedert 1982 as pastorale hulp, en was tans predikant in sinodale diens, en was voorheen verbonde aan die gemeentes Rietfontein Suid, Edenvale, Primrose en Randburg in diens van barmhartigheid.
Daar was ook egter een besonderse hoogtepunt vir Dr. Attie v.d. Colf, met die ingebruikneming van die nuwe Psalm en Gesange boek op hervormings dag 29 Oktober 1978.
Die Van Riebeeck fees.
Lidmate het onder leiding van Mev. Boshoff geesdriftig fees gevier, en ʼn poskoets wat as deel van die fees die land deurgereis het, het op 01 Februarie by Linden gemeente aangedoen en sy spore afgedruk voor die kerk in sement, fakkel draers van die Voortrekkers het die koets vooruit geloop, en een dogter Hettie Kruger wat ook ʼn fakkel gedra het, loop toe ook deur die nat sement en los sodoende ook haar voetspore in die sement.

Op 09 Mei ontvang Ds. JHR Bartlett van Standerton sy Emeritaat, en hy word by Linden ingelyf as pastorale hulp vir tot 3-6 maande aan en af., tussen al die suster gemeentes, is Ds. Bartlett so besig gehou, dat hy eers toegelaat was om die tuig finaal neer te lê op 31 Mei 1959.
Ds. John Henry Bartlett is in 1886 in Hanover gebore, en is op 89 in Pretoria oorlede en begrawe.

Die Vryburgersaal.
Reeds in ds. Kruger se tyd was daar al aandag gegee aan die bou van ʼn groter saal, en in Maart 1950 begin die aanvoerwerk deur die kerkraad.
Die kerkraad bevind die tender van £17.400 te hoog en is op die uitkyk vir ander tenders, en die kontrak word uiteindelik toegeken aan die Fokkens groep, en op 03 November 1951, lê wyle Dr. Malan die hoeksteen en doop die saal Die Vryburger.
Die ledetal het ook intussen in 1955 alweer aangegroei tot 1.700 lidmate.
Mondigwording.
Van 21 September tot 13 Oktober is groot fees gehou in Linden met die gemeente se mondigwording, en die kerk het weereens bestaan uit 2.800 siele met 1.692 dooplidmate, en gespog met ʼn kerkraad van 100 lede, die grootste in die hele Transvaal.
Ons eerste saakgelastigdes.
Eerstens was daar die egpaar Judex Viljoen
En toe was daar Tannie Mart Beukes van 1966 – 1984
Toe Chrissie Luyt Junie 1984 – September 1984.
Toe Martie Viljoen 1984 -, en met Fred Geyser wat haar met die finansies bygestaan het.
Ons Orreliste.
Eerste was daar Mev. Jean Morton 1937, wat aangestel was vir £24.00 per jaar, maar omrede die kerk gesukkel het was sy toe bereid om te speel vir slegs £1.00 per maand
Toe Mev. Sarie Welman wat haar opvolg.
En in 1952 Mej. Lettie Pretorius (later Van der Merwe).
En in 1957 Dirk Meerkotter.
In 1966 Mev. Marie van Blerk wat toe vir die volgende 15 jaar die kerk se orreliste was.
En in 1981 tot 1986 Mev. Carnel Mare.
Ons Orrels.
In 1950 moes die gemeente tevrede wees met ʼn ou Hammond orreltjie, en op 08 Desember 1950 rig die skriba, Mnr. HP Marnitz ʼn skrywe aan die orrelbouers Cooper, Gill and Tomkins waarin hy ʼn kwotasie aanvra vir ʼn nuwe orrel, die firma se kwotasie word aanvaar en hulle bestel ʼn eenheidsorrel, ʼn Laukhuff, uit Duitsland, en word op 03 Julie teen ʼn koste van £2.300 afgelewer, in Oktober begin die installering, en op 04 November 1959 vind die ingebruikneming plaas.
Daar het soveel fout gegaan met hierdie orrel dat die kerkraad in 1980 weereens besluit het om ʼn nuwe orrel aan te skaf, en oor die naweek van 10/11 Desember 1983 word die nuwe orrel feestelik in gebruik geneem, en dit nogal in kontant danksy die gemeente se samewerking.
Die orrel heet “Opus 12” omrede hy die 12 de orrel was wat deur die maatskappy gebou was, waarop Dr. Attie v.d Colf se kommentaar was “Die volle dissipelskap” en ingewei met ʼn musiekprogram deur die orrelis Mnr. EA Davey, Elma Hoffmeyer as sangeres en die RAU koor onder leiding van Chris Swanepoel, en Mnr. H.P Marnitz tree as spreker op by die funksie daarna.
Die kerkklok.
Die kerkklok was in 1951 aan ons geskenk deur die gemeente van Villiers, die lui van die klok was jaregelede opgeneem deur die SAUK en word nog gereeld in kerk programme gebruik.
Klaviere.
In 1984 met die afsterwe van Dr. Anton Hartman, erf die Linden gemeente ʼn bedrag van R5000 asook die helfte van die verkoop prys van sy Bernstein vleuelklavier, die Mede erfgenaam was die kanker vereniging van Suid Afrika, ons gemeente onderhandel toe ʼn bedrag van R10.000 wat die vereniging dadelik aanvaar en sodoende word ons die trotse eienaar van hierdie pragtige klavier, ʼn waardasie van 1986 het bevind dat die klavier toe al by die R25.000 werd was
Ons eerste klavier (vleuel) is nou nog steeds in gebruik in die Vryburgersaal en was reeds al in 1935 aangekoop deur ʼn bydrae van die SA Vrouefederasie.
Saamgestel deur.
C.S Pretorius.
2010.

Advertisements

2 responses to “Die geskiedenis

  1. Dr. Dawie Kriel

    Regstellings i/s Die Geskiedenis van N.G. Ker Linden.

    Die orreliste wat die Hammond-orreltjie bespeel het was Mejuffrou Sarie Welman, nie mev. nie. Sy was ook jare lank die Graad 1 onderwyseres by Louw Geldenhuys Ls. Die leier van die kerkkoor was nie mev. Jooste nie maar wel Mnr. Kosie Jooste wat ook hoof van Louw Geldenhuys Ls. was. Die Asafkoor was nie beperk tot Linden nie en het by groot geleenthede opgetree soos in uitvoerings van Die Messias in Johannesburg se Stadsaal.
    Die “Opus 12-orrel” is die gemeente se eerste pyporrel, gebou deur Suid-Afrikaanse Orrelbouers.

    • Dagse Dr Dawie.
      Dankie vir die inligting, ek sal belis bietjie gaan naslaan, hierdie inligting is verskaf soos aangeteken in die gemeente verjaarsdag bundels soos uitgereik met die kerk se 21ste, 50ste, en 75ste verjaarsdag vieringe, en ons het al heelwat van hierdie foute opgetel en reggemaak, ons waardeer u insettinge, ek verneem dit was maar alles inligting wat so met die jare by die ouer gemeentelede ingesamel was, en daar het maar sodoende foute ingesluip.
      Lekker dag.
      Chris Pretorius.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s